Jamii uses necessary cookies and privacy-preserving aggregate measurement to run the site. Your choices control Google Analytics cookies, richer analytics, and optional Google embeds such as maps.


735 Codonia Avenue, Waverley, Pretoria Moot, Gauteng, 0186, South Africa
Closed today
Use the fastest route to connect, then keep the full contact details handy below.
Use the map for context, then jump straight into your preferred maps app when you are ready to go.
Google Maps embeds load after you allow functional cookies and embedded services.
Doulos Community project / Armoedebediening Gemeenskapsprojek Doulos Community Project is located in Waverley , Pretoria Moot and is a non-profit organisation which was born out of a dream to make a difference in a community and to create a future for people by reigniting their dreams, hopes and passions. Doulos Armoedebediening Gemeenskapsprojek is ’n nie-winsgewende organisasie wat gebore is uit ʼn droom. ʼn Droom om ʼn verskil te maak in ʼn gemeenskap en mense weer hoop en passie te gee en ’n toekoms waar hulle weer toegelaat word om te droom. Hierdie droom het klein begin, maar soos die nood en die kennis rondom die nood toegeneem het, kon die droom nie anders as om te groei nie. Ons wil die mense wat hoop verloor het, help om weer te begin droom oor die toekoms. Ons wil hulle ook begelei om daardie droom te begin leef, vir hulself doelwitte te stel en te bereik op die vaste fondament van waardes soos: geloof, liefde, eerlikheid, opregtheid, hardwerkendheid en verdraagsaamheid. Doulos is ʼn Griekse woord wat as dit vertaal word beteken: Dienskneg van God . Dit is presies wat al die vrywilligers en ander persone wat betrokke is by Doulos hulleself ag. Werktuie in die Hand van God om ʼn verskil te maak. Dit geskied nie deur ons eie vermoëns of op grond van ons talente nie, maar suiwer deur ons Godgeroepe opdrag om te help.
Contact this business directly from its profile.