Doxa Deo Moot Campus
Doxa Deo Moot, saam met al die ander Doxa Deo gemeentes droom daaroor dat ons stad getransformeer sal word na ‘n plek waar God regeer. Doxa Deo funksioneer as een gemeente in ‘n stad met ‘n verskeidenheid kampusse en bedieninge. Alles wat ons doen fokus op die toerusting en oprigting van ons mense sodat hulle agente van positiewe verandering kan wees in hulle wêreld. Ons noem hulle ‘City Changers’ wat hulle God ken en Mense liefhet en hulle Wêreld impakteer met die waarheid van Jesus. (Knowing God, Loving People, Impacting my World)
Hoekom Vennootskap?
Dit is vir ons belangrik dat mense sal beweeg van blote bywoners van ons dienste om in te skakel by die verhoudings en aktiwiteite en missie van ons gemeente. Die Bybel gebruik verskillende metafore vir die kerk van Jesus bv ‘n bruid, ‘n weermag, ‘n geestelike gebou of ‘n liggaam. Ons hou van die gedagte wat ons vind in 1 Korinthiërs 3:9 dat ons mederwerkers van God is. Uit hierdie gedagte het die konsep van geestelike vennootskap ontstaan. Ons is nie net lidmate van ‘n kerk nie, ons is vennote van God se missie vir ons wêreld.
Vennootskap dui daarop dat ons met ons tyd en ons energie en ons finansies die Here se koninkryk vestig orals waar ons funksioneer.
Bywoning: Ons wend ons tyd aan om gemeentelewe te prioritiseer.
Bydra: Ons wend ons unieke talente aan om die liggaam van Christus strek te maak.
Belegging: Ons wend ons finansiele vermoëns aan om die kerk van Jesus te bou.
Hoe word ek 'n Vennoot?
Kontak gerus die kampus waar jy wil inskakel en skakel in by ons Nuwe Vennote proses. Daarna vat ons jou graag na ons dissipelskap prosesse sodat jy jou plek in die liggaaam van Jesus kan vind en jou roeping so saam met ons uitleef.
Ons is op ‘n missie om die positiewe invloed van Jesus se waardes te neem na elke sektor van die samelewing. Ons glo dat kerk, opvoedkunde, sosiale dienste, besigheid, media, kunste, sport en plaaslike regering sal floreer as die lewegewende waardes van Jesus in al hierdie sektore sigbaar word.
Doxa Deo, ons is ‘n Familie op Missie!!!