Hoërskool Garsfontein main banner image

Hoërskool Garsfontein

Garsfontein, Pretoria East, Gauteng

Educational Institution

Rolina Street
Garsfontein
Pretoria East
City of Tshwane
Gauteng
0081
Contact Number
012 998 6096
Fax Number
012 998 6095
Email
[email protected]
Website
https://www.garsies.co.za/

Social Media

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

Hoërskool Garsfontein

In Januarie 1988 open Hoërskool Garsfontein sy deure, is geleë in GarsfonteinPretoria Oos en streef om ʼn immer verbeterende model van uitnemendheid te word, wat alle leerders bemagtig om hulle volle potensiaal te bereik. Onder leiding van die skool se eerste waarnemende hoof mnr. LJ van der Merwe, die 15 personeellede tot sy beskikking en die 310 nuwe leerders, vestig hierdie baanbrekers die fondamente waarop Hoërskool Garsfontein kon bou en bewaar.

In 1989 stel die skool hul eerste amptelike skoolhoof aan, mnr. NJ Pepler. Prof Frik Stuart (Beheerliggaam voorsitter 1990) skryf in sy verslag dat die skool voorwaar begin voldoen aan die leuse wat hy daargestel het. Die leuse van die skool, “Bou en Bewaar”, simboliseer die strewe daarna om te bou en ontwikkel aan ʼn skool vir die gemeenskap en dit te bewaar vir die geslagte wat sal volg.

Soos Prof Stuart dit beskryf is die “groei”vinnig sigbaar op alle gebiede en Hoërskool Garsfontein begin homself vestig as ʼn mede-dingende krag, nie net in Pretoria nie, maar in Suid-Afrika. Dit is duidelik dat Hoërskool Garsfontein reeds van sy vroeë dae daarna begin streef het om dié skool van keuse in Pretoria te wees. Mnr. Dirk van Zyl word in 2000 aangestel as die tweede skoolhoof en mnr. Leon Bantjes is die huidige skoolhoof.  Tans is die leerdertal 1850 en die personeellede is 120.

Prof. DP van der Nest (Beheerliggaamvoorsitter) skryf in sy verslag - Hoërskool Garsfontein streef om ʼn immer verbeterende model van uitnemendheid te word, wat alle leerders bemagtig om hulle volle potensiaal te bereik.”

By Hoërskool Garsfontein wil ons graag hê dat leerders in totaliteit ontwikkel en binne ʼn raamwerk van gesonde waardes besluite neem en optree. Ons waarde gedrewe benadering gee betekenis aan ons skoolreëls. Ons wil mense die samelewing instuur wat reëls sal nakom sonder dat daar iemand is wat kyk of hulle dit nakom. Dit is gedrag “uit-die hart-uit” – ʼn waarde-gedrewe lewe.

Vyf kernwaardes van Hoërskool Garsfontein:

• VERANTWOORDELIKHEID
• RESPEK
• LOJALITEIT
• EERLIKHEID
• GEBORGENHEID

Read More...

Skooltye:
Maandae tot Vrydae: 07:00 - 14:00

TREE Faerie Glen Branch
[email protected]
071 144 7572
View Profile
Au Pair Explore Pretoria
[email protected]
012 329 9853
View Profile
Visits: 2838