Situated in some of the most beautiful parts of our country, and surrounded by cultural gems, heritage sites, and other exciting tourist attractions, you'll find seven ATKV-resorts where guests are welcomed with unparalleled hospitality.
ATKV OORDE
Geleë in sommige van die mooiste dele van ons land, en omring deur kulturele juwele, erfenisterreine en ander opwindende toeriste-aantreklikhede, vind u sewe ATKV-oorde waar gaste verwelkom word met ongeëwenaarde gasvryheid. Elke oord is ’n veilige, ontspanne lushof waar jy jou kan tuismaak vir ’n onvergeetlike gesinsvakansie, ’n inspirerende konferensie of spanbousessie, jou droomtroue of ’n kulturele ontdekkingsreis!
Al die ATKV-oorde spog met gerieflike selfsorgverblyf, woonwaparke en luukse eenhede waarvan die graderings tussen twee- en vierster wissel. Daar is heerlike eetplekke, sonnige speelplekke, plekke vir salige ontspanning en aksie vir Afrika!
Die oorde bied hope pret, soos minigholf, warm- en kouewaterswembaddens, waterwurms, muurbal- en vlugbalbane, springmatte, staproetes, perdry en baie meer vir oud en jonk. Die voordeel van die ATKV-oorde is dat jy per eenheid bespreek en nie per persoon nie. Dit is dus ware bekostigbare gesinsvakansies. Met pretnaweke en vakansies word goeie gesinsvermaak van hoë gehalte gebied wat beloof om almal se plesierspier te kielie. Verder is die oorde regoor Suid-Afrika geleë sodat die ATKV al sy lede en vakansieliefhebbers kan huisves.