Jamii uses necessary cookies and privacy-preserving aggregate measurement to run the site. Your choices control Google Analytics cookies, richer analytics, and optional Google embeds such as maps.


Nederduitsch Hervormde Kerk - Hervormde Teologiese Kollege (HTK) Die Hervormde Teologiese Kollege , of HTK soos algemeen in die Kerk bekend, is op 1 Januarie 2000 in die lewe geroep, en die eerste voltydse hoof was prof TFJ (Theuns) Dreyer. Die ooreenkoms wat met die Universiteit van Pretoria gesluit is, het kortweg daarop neergekom dat die Hervormde Kerk kantoorruimte kon huur en lesinglokale tot ons beskikking kon hê vir die kerkspesifieke opleiding van die Hervormde studente. Sedertdien het die HTK die wonderlike voorreg gehad om ons studente in die hartjie van hul akademiese omgewing vir hul toekomstige werk in die Kerk af te rond. Sedert 2016 het die teologiese kurrikulum aan UP verander. Die BTh-graad is vervang met ’n BDiv-graad. Die MDiv-graad wat oor twee jaar gestrek het, beslaan nou net die vyfde jaar en is gelykstaande aan ’n M-kwalifikasie. Dit bring mee dat studente tans hul skripsie gedurende die vyfde jaar moet voltooi – wat uiteraard groter druk teweegbring. ’n Verdere voordeel is dat studente na afloop van die MDiv-graad, redelik gou met ’n PhD kan begin. Die sesdejaarstudente deurloop sedert 2017 ’n Nagraadse Diploma in Teologie en Kerklike Bediening (NGDip). Hierdie diploma word deur UP uitgereik. Aan die einde van hul teologiese studies sal proponente oor twee grade beskik, naamlik ’n BDiv en ’n MDiv, asook twee diplomas, naamlik die NGDip (UP) en die DKB-diploma wat die HTK uitreik.
Use the map for context, then jump straight into your preferred maps app when you are ready to go.
Google Maps embeds load after you allow functional cookies and embedded services.
Contact this business directly from its profile.