20 Cornelia Avevenue
Framesby
Gqeberha | Port Elizabeth
Nelson Mandela Bay
Eastern Cape
6045 Contact Number
041 360 1257
Fax Number
041 360 7787
Email skoolhoof@framesby.co.zaWebsite https://www.framesby.co.za/
Die Hoërskool Framesby is geleë in Framesby, Gqeberha (Port Elizabeth) en is 'n Afrikaansmedium Hoërskool waar die fundamentele waardes van respek, verdraagsaamheid, medemenslikheid, betroubaarheid, verantwoordelikheid, regverdigheid en goeie burgerskap deurlopend gevestig en bevorder word, en wat hom ten doel stel om sy leerders op alle terreine te ontwikkel - akademies, geestelik, sosiaal en liggaamlik - ten einde as volwasse en gebalanseerde jongmense hulle roeping suksesvol in die sameleweing te vervul.
Die studentesentrum bestaan uit drie fasiliteite, nl. ‘n kafeteria, studie – en media-sentrum. Die kafeteria sal nie net aan die leerders vanaf 06:00 – 18:00 ‘n diens bied nie, maar ook aan ouers. Terwyl leerders besig is met hul naskoolse aktiwiteite, kan ouers op die patio heerlike koffie geniet. Leerders kan ook hier tussen die naskoolse aktiwiteite iets nuttig of saam aan take werk terwyl Hoërskool Framesby se eie radio- stasie agtergrondmusiek verskaf.
Vir studente wat in stilte met hul akademie wil voortgaan,is die studiesentrum met afsonderlike werkstasies tot hulle beskikking. Die huidige mediasentrum verskuif na die studentesentrum sodat toegang tot navorsings- en kopieerfasiliteite makliker beskikbaar is. Wat die uitbreiding van die bestaande kurrikulum betref, word die invoer van die vakke Meganiese Tegnologie en Elektriese Tegnologie ook in die vooruitsig gestel.
Die studentesentrum sal definitief die lewensaar op Hoërskool Framesby se skoolgronde wees – ‘n tuiste weg van die huis.
Die volgende lewens-waardes van die Framesby-erekode vorm die grondslag van ons gesindheid en optrede, en is die basis waarop ons gedragskode en huishoudelike reëls berus: