Samuel Street
Randhart
Alberton
City of Ekurhuleni
Gauteng
1449 Contact Number
011 864 5110
Contact Number
011 864 5111
Fax Number
011 864 1361
Email laerrant@global.co.zaWebsite https://randhartlaer.co.za/
Social Media
Laerskool Randhart - 'Ranties' - Primary School
Laerskool Randhart is geleë in Randhart, Alberton en het die ontwikkeling van die totale leerder op alle lewensterreine o.a. die sedelike, verstandelike, estetiese, sosiale en fisiese ten doel. Enige leerder wat bereid is om onderrig te word in Afrikaans as taal van onderrig en leer word tot die skool toegelaat.
Die kurrikulumbeleid soos deur die Departement van Onderwys vasgestel, word geïmplementeer. Dit impliseer ook dat assessering deurlopend geskied, sodat leerders se vordering gemonitor kan word, probleme vroegtydig geïdentifiseer kan word en hulpverlening kan plaasvind.
Laerskool Randhart is in die bevoorregte posisie om jaarliks aan die Super 12-kompetisie deel te neem. Die 24 beste skole in Gauteng, Mpumalanga, Noordwes en Limpopo neem aan hierdie gewilde reeks deel. Die volgende sportsoorte word aan hierdie strawwe kompetisie blootgestel nl. rugby, netbal, tennis, hokkie, landloop, krieket, atletiek, skaak en gholf.
Laerskool Randhart beskou kultuuraktiwiteite, net soos sport, as verlengstuk van die klaskamer. Redenaars, Bybelvasvra, Koor (juniors en seniors) en Algemene Kennis is volwaardige Super 12-aktiwiteite.
Missie: Die voorsiening van voorgeskrewe totaliteitsopvoeding aan die leerders wat tot maksimum individuele potensiaalverwesenliking sal lei.
Ons leuse, ONS GLO, kry gestalte in dít wat ons glo vir die leerders waardevol en kosbaar is.
Ons glo dat ons met totaliteitsopvoeding leerders bemagtig om op akademiese, sport en kulturele gebied uit te styg. Daarvan getuig die vele individuele asook spanprestasies wat leerders behaal op plaaslike sowel as Super 12-vlak.
Ons glo dat kommunikasie, asook wedersydse respek en agting tussen ouers, opvoeders en leerders gesonde verhoudings in stand hou.
Ons glo dat elke kind die vryheid van keuse het en dat hulle aan soveel as moontlik geleenthede blootgestel moet word om te groei en ontwikkel binne ʼn waardesisteem van voortreflikheid, toegewydheid en verdraagsaamheid.
Ons glo dat met die plaas van ’n hoë premie op dissipline, ons leerders van gehalte lewer wat hulle in staat stel om die toekoms met oorgawe tegemoet te gaan.
Ons glo dat Laerskool Randhart oor die infrastruktuur en tegnologie beskik om steeds die toonaangewende en mededingende skool te bly wat dit tans is. Voortgesette vernuwing kweek toegeruste leerders.
TREE Meyersdal Branch
tree@doxadeo.org
010 109 4444 View Profile
Visits: 1408
About Us