Hebron Christenskool is geleë op Logos Christengemeente se gronde in Oakglen, Bellair, Bellville en is ’n ouerbeheerde AfrikaanseChristenskool wat as onafhanklike skool by die WesKaapse Onderwysdepartement geregistreer is. Die skool word nie deur ’n gemeente of denominasie beheer nie. Die volle laerskoolfase vanaf graad 1 tot 7 word gedek. Hebron Christenskool is ten volle geakkrediteer deur Umalusi, en voldoen aan die vereistes van die KABV (CAPS).
Hebron Christenskool bestaan reeds vanaf 1998 en net die Here se voorsiening en wysheid kan werklik die toekoms bepaal. Ons kan net getuig van Sy goedheid en versorging. Hebron Christenskool is toegewyd om kwaliteitonderrig en, sover ons geriewe dit toelaat, kwaliteitsportafrigting te bied aan ons leerlinge. Ons is toegewyd om diens van hoë gehalte aan die ouers te lewer in die hede en in die toekoms. Ons is ook daartoe verbind om ’n verskil te maak in ons medemens se lewe en die gemeenskap waarin ons tans funksioneer.
Visie: Hebron Christenskool se visie is om elke kind se volle potensiaal te ontwikkel, na die beeld van God en as Dissipel van Jesus Christus, deur Christusgesentreerde, Bybelgefundeerde, kwaliteitonderrig in samewerking met wedergebore Christenouers en die gemeente van Jesus Christus in die omgewing.
Missie: Ons missie is om uitvoering te gee aan die skool se doelstellings (visie), dus funksioneer Hebron Christenskool op die volgende vyf basisbeginsels:
- Christengesentreerde onderrig - Dissipelskap - Kwaliteit-onderrig volgens KABV se standaarde soos bepaal deur Umaluzi - Intensiewe ouerbetrokkenheid - Bekostigbaarheid
Romeine 8: 31-39: ...Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat ons liefhet…
SKOOLURE: Skool begin soggens om 07:45 Op Maandae tot Donderdae, verdaag die skool soos volg: Graad 1 : 13:10 Graad 2 : 13:20 Graad 3 : 13:30 Graad 4 – 7 : 14:05 (Maandag en Woensdag tot 14:30 vir fiksheidsoefeninge) Op Vrydae verdaag ons om 13:00
TREE Langeberg Branch
tree@doxadeo.org
021 987 1275 View Profile
Visits: 890
About Us
Hebron Christenskool - Bellville, Kaapstad