Nederduitsch Hervormde Kerk - Pierneef is 'n gemeente van die Nederduitsch Hervormde Kerk wat geleë is in Villieria, in die Moot-gebied van Pretoria, en streef daarna om 'n gemeenskap van gelowiges te wees waar ons mekaar liefhet, ons sterk staan in die geloof, ons mense in nood help, en waar ons volhard.
Ons is deel van die Ring van Noordelike Pretoria en het in 1968 van Gemeente Villieria afgestig. Die hoeksteenlegging was op 24 Mei 1975, en is waargeneem deur ds Thys Naude, wat vanaf 1968 – 1977 die leraar was. Vanaf 1977 – 2000 was ds Wynand de Beer die leraar, en vanaf 2000 tot op hede bedien ds Petri de Kock die gemeente. Ds Juanita du Preez het ook in 2013 by ons aangesluit.