AFM-AGS Kentrikos - Robertson main banner image

AFM-AGS Kentrikos - Robertson

Robertson, Western Cape

Place of Worship

22 Piet Retief Street
(Cnr Piet Retief & Truter Street)
Robertson
Cape Winelands District Municipality
Western Cape
6704
Contact Number
023 626 1804
Contact Number
066 286 1630
Email
[email protected]
Website
https://www.agskentrikos.co.za/

Social Media

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

AFM-AGS Kentrikos - Robertson

Welkom by AGS Kentrikos Gemeente in Robertson Sentraal. Ons is ‘n pinksterkerk wat glo in God die Vader, die Seun en die Heilige Gees. Dit is vir ons belangrik om ‘n geestelike tuiste te skep vir mense waarin hulle met die Heilige Gees kan ontmoet op ‘n tasbare wyse. Ons beskou die taak van dienste om mense toe te rus vir hulle dienswerk volgens Efesiërs 4:12.

Kentrikos’ is vertaling van sentraal. Die opdrag is om bymekaar te kom op ‘n sentrale plek om toegerus te word vir die dienswerk volgens elkeen se gawes in die gemeenskap. Ons harte is om die evangelie en goeie nuus uit te dra deur betrokke te wees. Om in te skakel beteken inkoop op ‘n Goddelike opdrag volgens Matteus 28:19-20, om uit te gaan en mense dissipels te maak.

Ons wil sigbaar en betrokke wees in die gemeenskap om geleentheid te skep vir die Here om deur ons te werk. Betrokkenheid kan geskied d.m.v. diensbywoning, bediening, berading/ bevryding, aanbidding en  inskakeling by groeigroepe om deel te vorm van die gemeenskap van die heiliges. So dra ons mekaar se laste en kom nader aan die volmaakte boodskap van ons Vader.

Die Afkorting AGS staan vir “Apostoliese Geloof Sending” (in English: “AFM – Apostolic Faith Mission”). Die AGS bestaan sedert 1908 en is die eerste en grootste Pinkster kerkgenootskap in die land - met meer as 1.4 million lede in SA en ook gevestig in 29 ander lande van die wêreld.  Ons gemeente onderwerp ons aan die beheer en gesag van die Apostoliese Geloofsending van Suid Afrika (AGS).

Pinkster” dui daarop dat dit 'n kerk is wat glo dat die Heilige Gees van God gegee is aan gelowiges om 'n dinamiese lewe in oorwinning te kan lewe.

Read More...

KANTOOR URE:
Maandae tot Donderdae: 08:00 - 12:00
Vrydae & Saterdae: Gesluit
Sondae: 10:00 - 12:00

SONDAG DIENSTYE: 10:00

AFM-AGS The Apostolic Faith Mission of SA - National Office

012 644 0490
View Profile
JAMii Business Forum Cape Winelands
[email protected]
065 931 3446
View Profile
Visits: 322