Hoërskool Suid-Natal behaal gereeld ʼn 100% slaagsyfer en lê bo-aan die departementele rangorde vir die 122 skole in die Port Shepstone distrik.
Ons streek strek vanaf Scottburgh in die noorde, Ixopo in die weste en Matatiele in die suide en is die enigste Afrikaanse skool tussen Amanzimtoti en Oos-Londen.
Suid-Natal het ‘n leerderkorps wat ons vir geen ander wil verruil nie. Die uitmuntende sportprestasies behaal deur spanne asook individue, die oorvloedige deelname aan kulturele en Christelike uitreikaksies asook puik akademiese prestasies, is sprekende bewyse van ‘n kosbare bate wat pragtige dividende vir die skool oplewer. Dit getuig ook van die uitstekende kaliber onderwyspersoneel by ons skool.
Ons presteer op die volgende sportsgebiede: Rugby, sokker, netbal, hokkie, swem, gholf, krieket, atletiek en dans.