About Us
OOR DIE SKOOL
Suid-Natal Primere skool is n suiwer afrikaanse skool in Port Shepstone, KwaZulu-Natal, Suid Africa.
Hoof se boodskap
Kom ons fokus op ware opvoeding, deelname en betrokkenheid in totaliteit.
Kom ons erken elke kind se individualiteit en omstandighede, sonder voorbehoud, binne 'n raamwerk van veiligheid en sekuriteit.
Kom ons neem hande as opvoeders en ouers in ons strewe na 'n toekoms vir ons kosbare kinders.
'n Vennootskap wat gekenmerk word deur respek, geloof, verantwoordelikheid, omgee, liefde, agting, begrip, eerlikheid, kommunikasie en vertroue.
Suid-Natal Primer is waarlik 'n skool met 'n eiesoortige karakter van omgee, samewerking en ondersteuning.
Hier sal ons volhard in ons volgehoue pogings sodat elke kind waarlik gelukkig sal wees.
C.I. Krog