Sonneblom Werkerskoöperasie main banner image

Sonneblom Werkerskoöperasie

Die Wilgers, Pretoria, Gauteng

Cooperative

525 Opstal Street
Die Wilgers
Pretoria
City of Tshwane
Gauteng
0184
Contact Number
076 527 5720
Email
admin@sonneblommetjies.co.za
Website
http://www.sonneblommetjies.co.za

Social Media

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

Oor Sonneblom Werkerskoöperasie

Ekonomiese bemagtiging deur samewerking:
Sonneblom Werkerskoöperasie is 'n geslote, vertrouensgebaseerde gemeenskap van diensverskaffers en gebruikers wat saamwerk om mekaar ekonomies te bemagtig. Ons deel 'n verbintenis tot kultuur, integriteit, uitnemendheid en noukeurigheid. Hier bou ons nie net netwerke nie – ons bou 'n ondersteunende ekosisteem waar elke lid se welvaart ons gesamentlike doel is. 

Hoe ons ons lede ekonomies bemagtig:
Ons model is eenvoudig en effektief - Sluit aan as lid vir slegs R100 vir een aandeel. 
Jou kapitaal word oordeelkundig in winsgewende koöperatiewe projekte belê. Ontvang jaarlikse dividende op grond van jou aandele. Geniet toegang tot 'n betroubare netwerk van dienste en geleenthede. Elke Rand word geïnvesteer met een duidelike missie: die finansiële groei en ekonomiese welvaart van elke lid. 

Ons groeiende netwerk van projekte & dienste:
Ons skep geleenthede deur praktiese projekte en dienste te ontwikkel wat ons lede direk bevoordeel bv:
* Hoeka Toeka Langarmdans – Sosiale interaksie en ontspanning.
* Huis- en Troeteldiere oppas – Gemoedsrus vir vakansiegangers.
* Wit Olifant – 'n Slim manier om items te hergebruik en in waarde te omskep.  
* Sonneblom Oggendmark – 'n Plattorm vir lede om produkte en dienste tentoon te stel. 

'n Lewendige besigheids- en sosiale ekosisteem
By Sonneblom gebeur transaksies gebasseer op vertroue en respek. Ons gereelde sosiale byeenkomste en projekte skep 'n omgewing waar lede: 
* Mekaar se dienste self benut en ook aanbeveel.
* Sterk, ondersteunende verhoudings bou.
* Gesamentlik en spontaan 'n hegte sosiale en besigheidsnetwerk vorm. 

Hier is jou deelname nie net 'n transaksie nie – dit word deel van 'n gemeenskap wat jou sukses aktief bevorder.
Sluit vandag aan en word deel van 'n koöperasie wat waarde skep.
Besoek www.sonneblommetjies.co.za en klik op SLUIT AAN om jou aanlyn aansoek te voltooi.

Bou saam aan ons toekoms, transaksie vir transaksie!

Read More...

OFFICE HOURS:
Monday to Friday: 08:00 - 17:00
Saturday & Sunday: Closed

Pretoria Pet & House Sitters
admin@sonneblommetjies.co.za
082 928 3918
View Profile
Hoeka Toeka Langarmdans Pretoria
admin@sonneblommetjies.co.za
076 527 5720
View Profile
JAMii Business Forum Pretoria East (Tshwane)
info@jamii.co.za
062 725 7023
View Profile
Visits: 65